Moussaka
Maak ‘n savoury mince met wyn en tamaties, ek het sundried tomatoes bygesit vir ‘n meer intense tamatie smaak. Dan maak jy ‘n lekker kaasous met mostert in, en voeg ‘n eier op die einde by en klits goed in, dit maak dat jou moussaka mooi bruin bak in die oond. Sny jou eiervrugte in skywe en sprinkel met sout en sit in ‘n colander vir ‘n halfuur. Na ‘n halfuur spoel af en droog met kombuis papier.
Sprinkel met bietjie olyfolie en grill in die oond vir ‘n paar minute. Smeer ‘n oondvaste bak en begin met ‘n laag savoury mince, sit ‘n laag eiervrug op die maalvleis en dan ‘n laag kaassous. Herhaal lae en eindig met lekker dik laag kaassous. Bak in die oond op 180 grade vir ongeveer 45 minute. Laat staan vir ten minste 20 minute voor jy diet in blokke sny. Geniet dit.
Leanne Thurston Coetzer

