MACARONIPASTEI – PASTITSIO
MACARONIPASTEI – PASTITSIO
500g macaroni
500g maalvleis
1 groot ui
1 blikkie gekapte tamaties
¼ koppie olie
sout en peper
¼ koppie gesmelte botter
1 koppie gerasperde Cheddarkaas
2 teelepels oreganum
Bechamelsous (resep hieronder)
Plaas die maalvleis, die gekapte ui en ‘n klein bietjie water in ‘n kastrol. Kook totdat die water geabsorbeer is terwyl een of tweekeer geroer word. Voeg die olie by en verbruin die maalvleis. Voeg sout, peper oreganum en die tamaties by en laat alles saam kook oor lae hitte totdat die vloeistof geabsorbeer is.
Kook die macaroni en dreineer.
Smeer ‘n bietjie Bechamelsous oor die bodem van ‘n gesmeerde oondbak. Versprei helfte van die macaroni bo-oor die laag sous en sprinkle met ‘n laag kaas. Smeer nou die maalvleismengsel bo-oor die macaroni en dan die res van die macaroni bo-op die vleis. Besprinkel met kaas en giet die gesmelte botter daaroor. Smeer nou die res van die sous bo-oor en besprinkel met die res van die kaas. Bak by 180ºC vir 30 – 40 minute totdat die bokant verbruin het en die sous geset het.
BECHAMELSOUS
2 eetlepels botter
2 opgehoopte eetlepels meel
500ml melk 2 eiers
200g gerasperde Cheddarkaas
bietjie sout
Smelt die botter in ‘n kastrol. Voeg die meel by en roer vinnig met ‘n spaan of draadklitser om te verhoed dat klonte vorm. Verhit die melk effens en voeg dit by die meel en botter terwyl aanmekaar geroer word. Voeg die kaas en sout by en roer steeds aanmekaar. Wanneer dit begin dik word, verwyder van die hitte en laat staan vir een of twee minute. Klits die eiers en voeg dit stadig by die mengsel terwyl aanmekaar geroer word.
Leanne Thurston Coetzer
In die bechamelsous het ek Greek Yoghurt bygevoeg. In die maalvleis mengsel het ek 1 teelepel kaneel, 1 teelepel cayenne pepper en 1 teelepel vars tiemie bygevoeg. Ek het ook ‘n kwart koppie rooiwyn by die maalvleis in die begin bygevoeg
BRON- Adam Cloete
FOTO- Leanne Thurston Coetzer

