MACARONI A-LA-CHRIS

2014-02-12-1606977_10152588384364112_252291258_n

MACARONI A-LA-CHRIS
Na my gesukkel om na macaroni-resepte te kyk, omdat ek mos macaroni toe marcaroni spel, het ek maar begin improviseer en die volgende het nie te selg gesmaak nie.
500 g macaroni
400 g maalvleis (ongeveer)
1 pakkie versnipperde spek (bacon)
2 pakkies gevriesde tamatie en uie (by P&P Hyper te koop – Mc Caine verpak dit)
1 pakkie gevriesde groen/geel/rooi soetrissies – ook P&P
genoeg gerasperde cheddar kaas (hoe meer beleë, hoe lekkerder)
1 koppie tamatiesous
Worcestersous
1 gevriesde gekapte uie. (ook by P&P)
Kaassous:
1 bakkie room (die gewone grootte wat op die winkelrakke staan)
1 room bakkie vol melk
1 bakkie plein jogurt
3 eetlepels koekmeel

Maak jou maalvleis gaar in ‘n pan of kastol. Onthou die tamatiesous en sit sommer worcestersous ook by.
Voeg dan of die hele pakkie uie by of sommer net bietjie, soos warvan jy hou.
Voeg so ‘n derde na ‘n halwe van die pakkie soetrissies in.
Roer aanhoudend sodat dit lekker in die vleis intrek.
Voeg die spek in en roer. sodra die spek goed gemeng is met die maalvleis kan jy maar die vleis van die stoof afhaal, deksel opsit en begin met die macaroni.
Ek stoom my macaroni altyd in die stoompot vir 10 minute. Sit genoeg olie in jou kookwater en laat dit bietjie oop kook en roer met pastalepel of braaivurk terwyl dit kook om seker te maak dis los en koek nie. Sodra dit los is en lekker begin kook, sit jy die deksel van die stoompot op en stoom vir 10 minute. Onthou om sommer genoeg kookwater in die pot te sit.

Na 10 minute dreineer  die macaroni en skep ‘n laag onder in ‘n gesmeerder bakpan. Skep nou die vleismengsel bo-op die macaroni en neem dan die tamatie en uie ringe en pak dit so gevries bo op die vleis. Skep die res van die macaroni bo-op die vleis. Giet nou die kaassous soos hieronder, bo-oor en strooi sommer lekker baie gerasperde kaas bo-oor alles en bak teen 180ºC vir ongeveer ½ na 45 minute.

KAASSOUS.
Meng apart die 3 eetlepels koekmeel en KOUE water tot vloeibaar.
Kook ROOM en dieselfde hoeveelheid melk.
Voeg die jogurt by en kook.
PASOP VIR OORKOOK.
Roer nou die meelmengsel in die melkmengsel in.
Kook tot hy begin dik word, haal van die stoof af en voeg genoeg gerasperde kaas in die mengsel.
Hoe meer kaas, hoe lekkerder.
GENIET
Bron: Chris Agenbag