LITCHI KONFYT

2014-02-11-litchikonfyttested

LITCHI KONFYT
Gebruik dieselfde hoeveelheid suiker vir dieselfde hoeveelheid litchi.
Ek het die sap ook gebruik. Vir dikker konfyt kan die sap afgegooi word.
Voeg bietjie suurlemoensap by om te keer dat die konfyt sandsuiker. Kook op lae hitte vir +- 55 minute. Roer die hele tyd anders brand dit. My ander konfyte kook ek vir 35 min.

Ek voeg nie water by nie tensy soos met die piesang wat bietjie styf was, het ek na die tyd bietjie kookwater bygeroer totdat ek die verlangende dikte gekry het.

Die litchi het eers dikker geword met 55min. Dit word pienker hoe langer jy dit kook. Lekker roer en laat my asb weet hoe vind jul dit? Ek wag totdat konfyt koud is dan bottel ek dit, sodoende kan ek plastiek bottels ook gebruik..

Resep en foto:  Lana van Helsdingen