LEMOENSLAAI
Skil lemoen met skerp mes dik af sodat die wit skil en dun vliese van die huisies af gesny kan word
Sny lemoen in dik skywe
Verwyder pitte en sny elke skyfie in netjiese stukkies
Plaas lemoenstukkies in ‘n mooi bak
Strooi suiker oor en roer liggies deur en laat staan vir +_ 10 minute
Verhit die water en smeer tot kookpunt
Maak vlapoeier met klein bietjie koue water aan.
Roer dit by die kokende mengsel en roerkook ‘n rukkie tot gaar
Voeg die warm vlamengsel by die lemoenstukkies en roer liggies deur
Laat die slaai effens afkoel voor opdiening
Lewer 6-8 porsies
Foto: Ruanda Toerien

