KERRIE EIERS SAAM MET RYS
Braai uie knoffel en groen soetrissie saam.
Voeg appel by, voeg geurmiddels by behalwe soppoeier.
Voeg water by en kook verder vir so 5 min, voeg soppoeier aangemaak met bietjie water by om sous bietjie dikker te maak.
Sny afgedopte eiers middel deur, sit in sous sodat dit weer warm word ongeveer 2 min.
Dien op met rys.

