Jeailine se OMAJOVA (Sampioen) Stingels en roomsous
Vat een van die Miershoop Sampioens se STINGELS, en TREEEEEK dit in sulke DUN repies af, dit lyk amper soos Spaghetti.
Gooi dit in n pan met VLEISLAND se BRAAI speserye oor, of BBQ spererye, en bietjie swart peper, en suurlemoensap.
Gooi dan so 200 ml room oor, en sit op die rooster terwyl die Ribbetjie so langsaan lekker stadig braai….roer gereeld totdat die room weggebraai het en dit lekker bruin begin raak..
Maak dan sommer n noedel en tamatiesous slaaitjie, en eet wanneer die ribbetjie gaar en sag is..
Stefaans Blaaw – Vleisland


