INLÊ VYE

tested

INLÊ VYE

Dis 12 koppies water waarin 2,5 kg suiker opgelos word.
Gooi naeltjies in en ek’t so 2 eetlepels suurlemoensap en titsel gemmer bygevoeg.
Ek’t ook die skil van die vye eers geskrap met ‘n lekker riffelmes.
Sny 2 kg vye ‘n kruis in stingel end (sommige resepte se die bokant van die vy) plaas een vir en in die water mengsel en kook vir 1 uur.
Haal van die stoof af en laat koud word.
Kook more weer vir ‘n uur en bottel dit warm in ‘n warm glasfles.
Die oumense het mos geglo in hul gebluste kalk, maar hierdie een werk netso lekker.

Foto en resep- Hildegarde Hilly Hanmer
2de Foto:  Zonia Visser – ek wil net noem en het 3 heel kaneels stokkies by die stroop gekook, sonder die naeltjies. Die res is dieselfde