HOENDERBALLETJIES MET ‘N MOSTERD DOOPSOUS

2014-02-02-1544419_634018373330897_1087523950_n(1)tested
HOENDERBALLETJIES MET ‘N MOSTERD DOOPSOUS
3 eetlepels fyn semolina
350 ml hoenderekstrak
230 g gekookte hoender
230 g gekookte ham
1 teelepel gekapte pietersielie
sout en peper na smaak

Vir die bedekking:
1 geklitste eier
2 eetlepels fyn semolina

Vir die doopsous:
120 ml room
1 eetlepel Dijonmosterd

Meng die semolina met die hoenderekstrak. Bring tot kookpunt en prut vir 2 minute terwyl aanmekaar geroer word. Voeg die fyngemaakte hoender, ham en pietersielie by. Geur deeglik met sout en peper en laat afkoel sodat dit kan styf word. Rol in klein balletjies, doop in eier en rol in die semolina. Braai in warm olie tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier en bedien met die gemenge room en Dijonmosterd doopsous.

Bron: Adam Cloete