HOENDER EN MANGOSLAAI


HOENDER EN MANGOSLAAI
Hoeveelhede volgens aantal mense wat jy die slaai voor berei.
Blaarslaai afgewas en opgebreek
Tamatie skywe of wiggies
Pynappel geskil en in blokkies gesny
Komkommer in blokkies gesny
Feta kaas in blokkies
Klein “cocktail” uitjies of ek vat vars ui in ringe gesny wat ek so 2 ure in asyn laat le
Mango opgesny in skywe, maar hy moenie te ryp wees nie, vleis moet styf wees
Pak die lae in die volgorde hier bo op ‘n mooi opdien bord.
Maklik en min moeite.
Nota: As mens dit as ‘n ete wil bedien kan jy natuurlik gaar hoender bysit
Bedien ‘n lekker slaaisous eenkant en vars broodjie.
Resep en foto: Adriana Wait Louw