HEERLIKE HEEL HOENDER

HEERLIKE HEEL HOENDER

Noeline Schoeman Vermaak:
Hello aan al die vriendelike mense op hierdie blad. Ek het al gehoor van ‘n heel suurlemoen binne in ‘n hoender plaas wanneer jy dit rooster, maar is nou nie seker of die suurlemoen geprik moet word of kan ek dit in skywe sny en binne-in plaas? Ons beplan om die hoender te rook. Enige raad asb?

Noeline Schoeman Vermaak: Net nog ‘n wenk wat ek iewers gehoor en beproef het: As jy suurlemoen wil uitdruk, laat die heel suurlemoen vir ‘n minuut of 2 in kookwater lê, dan ‘smelt’ die suiker binnekant en jy druk daai sap soos water uit – werk soos ‘n bom!

Celeste Glöss: Prik as jy heel hou of sny in helfte.

Amanda Groenewald: ek sny my suurlemoen in die helfte

Johan Gous: Die resep was op RSG. Die suurlemoen moet sag gemaak word sonder dat dit bars. Druk nou elf gaatjies met tande stokkie in suurlemoen en plaas dit binne die hoender. Nie tien of twaalf gaatjies nie, dit moet elf wees.

Werner En Tania Barnard: Ek sny myne sulke keepe uit.

Franco Dippenaar: as jy suurlemoen gaan sny, haal did pitte uit. Hulle maak jou dis bitter as hulle uitval en aan die kos raak.

Bonitha Trokis: Cut in half and put some rosemary sprigs in the cavity with the lemons.

Floraine Wasserman Venter: Sit ‘n granny smith appel by suurlemoen in, ek sny suurlemoen in 4, druk ‘n naeltjie in elke stuk en die appel in helfte, yum!
Foto:  Cecil Dunhin