GRANADILLA KOEK MET VARS GRANADILLAS

2014-02-02-1654123_10152254381613169_554952122_n
GRANADILLA KOEK MET VARS GRANADILLAS
KOEK:
3 groot eiers
1½ koppies koekmeel
1½ koppies suiker
pulp van 5 vars granadillas 110 ml
150 ml melk
125 g botter
15 ml bakpoeier
Versiersel
500 g (1 klein pakkie) versiersuiker, gesif
125 g (½ blok) sagte botter
ongeveer 60 ml (4 eeetlepels) warm water
55 g (½ blikkie) granadillamoes
5 ml (1 teelepels) granadillageursel

Bolaag
55 g (½ blikkie) granadillamoes
5 ml (1 teelepel) strooisuiker
2,5 ml (½ teelepel) mielieblom
5 ml (1 teelepel) water

Verhit die oond tot 180 ºC.
Klits die eiers vir drie minute. Gooi die suiker geleidelik by en klits tot donsig.
Sif die meel drie keer en voeg dan by die eier-en-suikermengsel.
Voeg die granadilla-pulp by.
Verhit die melk op die stoof.
Smelt intussen die botter en voeg by die warm melk.
Roer die melk-en-bottermengsel geleidelik by die meelmengsel.
Voeg nou die bakpoeier by en roer deur.
Verdeel die beslag tussen twee ronde koekpanne en bak vir 25 minute.
Sif die versiersuiker, voeg die botter by en klop. Roer die granadilla-pulp deur en smeer oor die koek.