GIDEON SE GEROOKTE HOENDER

gideon se gerookte hoendertested
GIDEON SE GEROOKTE HOENDER
Hierrie kiepie het ek gisteraand in my primitiewe tuisgemaakte roker gerook dit was baaaaaie lekker
vryf die volgende mengsel oor die hoender en onder die vel so 1-3 dae voor gaarmaak:

1/2 koppie bruinsuiker
1/4 koppie paprika
1,5 eetl sout
1 eetl swartpeper
1 eetl fyn knoffel
1 eetl chilli flakes
1 eetl cayenne powder

rook hoender vir 1 uur

Resep en foto: Gideon Louw

Tuisgemaakte rooker
Franco Dippenaar
Neem ‘n ou skoongemaakte staal 25 lt verf drom. Sit n stainless steel rakkie wat pas daarin. gooi die saagsels onder in die drom. Maak hom toe met sy deksel en plaas oor warm kole of vuur vir verlangde tyd.