GESTOPTE SOETRISSIES
GESTOPTE SOETRISSIES
10 groot en ferm soetrissies
500 g maalvleis
1 fyngekapte ui
1 blikkie geskilde heel tamaties
sout en peper na smaak
1 teelepel neutpoeier
½ koppie ontpitte rosyne
1 koppie gesmelte margarine
1 koppie gerasperde Cheddarkaas
1 koppie rys
1 teelepel fyn koljander
Sny die bokante van die soetrissies af en hou eenkant om weer as dekseltjies te gebruik. Sny die pitte van die soetrissie versigtig uit om nie die wande te beskadig nie en plaas dit in ‘n oondbak. Braai die ui in bietjie van die botter tot sag. Voeg die maalvleis, die fyngemaakte tamaties en helfte van die sous, sowel as die sout en peper, neut, koljander en rosyntjies by die ui en roerbraai tot die vleis bruin is. Voeg die rys by ek kook vir nog 7 minute. Meng die kaas daarby in. Vul die soetrissiedoppe met die mengsel en plaas die dekseltjies terug bo-op. Giet die res van die botter bo-oor die rissies en bak in die oond by 180ºC vir 45 – 60 minute, tot die rys gaar is.
Dieselfde resep kan vir lekker groot stewige tamaties gebruik word. In dié geval word die binnekant van die tamaties uitgeskep en gebruik in plaas van die blikkie tamaties.
ADAM CLOETE

