FOREL GEBAK IN FOELIE

 

2015-06-28-forelgebakinfoelietested

FOREL GEBAK IN FOELIE

Dis die manier waarop my ma altyd forel gaargemaak het. Die spek en salie is my idee.
(sowat 10 porsies)

2 heel forelle, sowat 1kg elk
250g repiespek (streaky bacon)
2 suurlemoene, in skywe gesny
20g vars salieblare
sowat 50g (60ml) botter, in blokke gesny
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 180°C. Sit ‘n groot stuk foelie (genoeg om 2 forelle toe te draai) in ‘n oondroosterbak. Sit so 2 stukke spek, suurlemoenskywe, van die salie en botter in elke vis. Geur met sout en peper. Sit ook spek en salie bo-op en draai die vis styf toe in die foelie. Plaas in warm oond vir 25 minute. Maak foelie oop en rooster verder vir nog so 5 minute

Foto: Jacques Grobler