DRIEHOEK KAASKOEK


DRIEHOEK KAASKOEK
125 ml sagte botter
65 ml strooisuiker
65 ml versiersuiker
1 eiergeel
5 ml vanielje geursel
250 g geroomde maaskaas
1 pakkie Tennis beskuitjies
kersies
250 ml vars room
1 Flake
Aluminiumfoelie
Meng of klits die botter, versiersuiker en strooisuiker saam.
Meng goed met ‘n houtlepel.
Voeg die eiergeel en vanielje geursel by en meng goed.
Vou die maaskaas in.
Sny ‘n groot stuk foelie en plaas op ‘n houtbord.
Plaas 12 beskuitjies op die foelie (3 x 4).
Die beskuitjies moet dig teen mekaar lĂȘ.
Smeer die helfte van die mengsel oor die beskuitjies.
Moenie die beskuitjies skuif nie.
Plaas weer 12 beskuitjies bo op, in dieselfde orde as voorheen en smeer die res van die mengsel.
Plaas kersies in ‘n ry in die middel van die koek en trek dan die buiterande van die foelie na bo om ‘n driehoek te vorm.
Vou nou die driehoekige vorm toe met foelie en plaas in vrieskas vir omtrent 2 uur of totdat koek hard en gevries is.
Verwyder foelie, plaas op bedieningsbord en bedek met styfgeklopte room of gesmelte sjokolade
Versier met gekrummelde Flake en kersies.
Resep en foto: Selma Alberts