Bernita se lekker hoender fillets
Ek vat roosmaryn en maak dit fyn en meng dit dan met fetakaas. Vul die filet daarmee en steek vas met tandestokkies. Sit in oondbak en voeg klein tamatietjies by. Gooi 60 ml basamiekasyn en 60 ml olyfolies oor die filette en bak in die oond vir 30 minute. Die tamatietjies is ‘n moet. Dit smaak soet saam met die asyn. Ek kry baie komplemente vir die gereg.
Bernita Havenga

