BEET- EN PERSKESLAAI

pieta se beetslaaitested
BEET EN PERSKE SLAAI
1 st foto:  Pieta Van Der Walt
Resep geplaas deur: Hanna Botha
2de foto:  Rina Kleinhans
Lewer ongeveer 3 flesse
3-4 bossies beet (ongeveer 12 bete, gekook en geskil)
1 x 410 g blik perskeskywe, gedreineer
1 ui, fyngekap
125 ml water
125 ml asyn
ongeveer 200 ml suiker
sout en peper na smaak
4 heel peperkorrels
4 lourierblare
6 wonderpeperkorrels
4-6 naeltjies
2 ml fyn gemmer
2 ml mosterdpoeier
Sny die beet en perskeskywe in blokkies en meng met die ui.
Meng die oorblywende bestanddele en voeg by.
Laat oornag of 3-4 dae in die yskas staan, indien moontlik!