BEET EN PERSKE SLAAI



BEET EN PERSKE SLAAI
Lewer ongeveer 3 flesse
Jy benodig:
3-4 bossies beet (ongeveer 12 bete, gekook en geskil)
1x 410gr-blik Perskeskywe, gedreineer
1 ui, fyngekap
125ml water
125ml asyn
ongeveer 200ml suiker
sout en peper na smaak
4 heel peperkorrels
4 lourierblare
6 wonderpeperkorrels
4-6 naeltjies
2ml fyn gemmer
2ml mosterdpoeier
So maak jy:
Sny die beet en perskeskywe in blokkies en meng met die ui
Meng die oorblywende bestanddele en voeg by
Laat oornag of 3-4 dae in die yskas staan, indien moontlik!
1st foto: Pieta Van Der Walt
(Erkenning: Hanna Botha
2de foto: Rina Kleinhans