ANNETTE SE HEERLIKE VARKTJOPS

tested
ANNETTE SE HEERLIKE VARKTJOPS
Resep: Annette Hattingh Scheepers
Foto:  Rina Kleinhans
Verandering en tweede foto: Petré Van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
½ koppie van elk: blatjang, appelkooskonfyt, mayonnaise
2 vol  teelepels Knorr oxtailsop
Meng deeglik, pak 6 varktjops in ‘n bakpan, skep die mengsel bo-oor.
Bedek met foelie.  Bak 1 uur.
Haal foelie af en bak of grill tot bruin en “crispy”.
Nota:
Rina – As die sousie bietjie min lyk, het ek so bietjie soppoeier met water aangemaak en bygesit en net weer so half uur in die oond gesit.
Dit is regtig baie lekker.

Tweede foto: Petré Van Jaarsveld – het hoender gebruik.
Ek het die sous in die resep gebruik en volgende bygesit:
½ blikkie tamatie en uie smoor
1 stingel jong seldery fyngekap
2 takkies tiemie,
½ ui grof gekap
1 koppie watter
asook die soppoeier tot ‘n ½ pakkie vermeerder.