WORTEL EN BEET KOEK


WORTEL EN BEET KOEK
312 ml ligte bruinsuiker
4 x groot eiers
250 ml olie
30 ml gouestroop
5 ml vanilla
500 ml grofgerasper gaar beet
250 ml fyngerasper rou wortels
50 g gekap pekanneute
625 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2.5 ml koeksoda
1 ml gemeng speserye
5 ml kaneel
2.5 ml sout
Versiering:
200 g sag botter
187 ml kondensmelk
75 ml kakao
375 ml versiersuiker
1 gekrummelde flake
Klits eiers en suiker 5 min. Klits olie, stroop en vanilla by. Roer beet, wortels en neute by. Sif res best. Meng meelmengsel by. Skep in 2 rond koekpanne van 22 cm wat met bakpapier uitgevoer is. Bak 30 min by 180 ºC tot gaar. Koel effe af in pan en keer uit.
Room botter. Klits kondensmelk by vir 2 min. Sif kakao en versiersuiker en klits geleidelik by. Smeer 1/3 tussen 2 lae en res bo op. Strooi flake oor.
Foto: Cecilia Smit – ek het oorskiet maaskaas en versiersuiker versiersel gebruik.