TUNA VULSEL VIR PANNEKOEK

tested

TUNA VULSEL VIR PANNEKOEK
Die resep kan jy maak en vries vir later as jy mense kry. Bak jou pannekoek en maak die volgende vulsel:
1 koppie dik witsous
1 koppie kaas
1 klein blikkie Tuna met olie (ek gebruik groot blik tamatievis ook as ek nie tuna het nie)
gekapte pietersielie na smaak
1 gekapte ui
Meng alles goed deur skep in pannekoek en rol op sit in bakskottel en vries.

As jy dit wil eet, haal uit vrieskas en gooi die volgende sous oor, ek maak die sous gewoonlik dubbel aan vir so 12 pannekoeke:
1 koppie tamatiesous
1 koppie room
Meng en gooi oor gevriesde pannekoeke.
Plaas in voorverhitte oond 180°C en bak tot sous borrel en pannekoeke warm is.
Resep geplaas deur Stompie Theron Borman – gekry by my skoonsus Netta