TUNA OF HOENDER OONGEBAK

1493181_608802129175718_55297638_ntested

TUNA OF HOENDER OONGEBAK
Ek werk nie op mates en met resep nie, ek werk op gevoel so die hoeveelhede is so by benadering.
2 blikke tuna gedreineer
3 koppies gaar rys omtrent
750 ml witsous
1 groot pak chips fyngemaak,enige geur wat jy van hou, ek gebruik sour cream and chives
3 eetlepels mayonnaise opgehoop
smaakmiddels van jou keuse.

Meng alles goed deur, skep in gespuite oondbak, strooi kaas oor en bak by 180ºC vir 30min.
Ek gebruik meeste van die kere sommer oorskiet hoender wat ek net fyner stukkies maak, maar vandag tuna gebruik.
Resep en foto:  Naudéa Visser