THAI BASIL PESTO
My Thai Basil groei so mooi ek moes net ‘n potjie pesto daarvan maak. Thai Basil het ‘n wonderlike geur, baie pungent. Die kleur van die eindproduk is nie so mooi nie, want my hand was bietjie swaar op die sonneblomsaad. Ek het so na raming bestanddele gemeng.Vars Basil blare
Ek het ook ‘n paar takkies tiemie en een stukkie roosmaryn bygesit
Sonneblomsaad
1 klein huisie knoffel
3ml suurlemoensap
3ml seasoned salt
20g fyn Parmesaankaas
Olie (enige olie is geskik, ek het Macadamia-olie gebruik)Meng alles behalwe die olie en kaas in voedselverwerker. Roer die olie en kaas agterna by en meng deeglik. Plaas in houertjie wat dig seël en gooi bietjie olie bo-op om verbruining te keer.

Regtig baie baie lekker!!!!
Resep en foto: Louise Groenewald
Om te verseker jou pesto bly groen, dompel die basil on kookwater 8-10 sek en dan in yswater.. voila
2de Foto:Louise Groenewald
Ook heerlik met ingemaakte Bishop’s Crown chilli peppers. Soortgelyk aan peppadews®
Ook heerlik met ingemaakte Bishop’s Crown chilli peppers. Soortgelyk aan peppadews®