SPAGHETTI EN BOELIEBIEF
SPAGHETTI EN BOELIEBIEF
1 pakkie spaghetti, in stukkies opgebreek
1 blik mieliepitte
1 blik Boeliebief, in blokkies gesny
1 tamatie, geskil en opgekap
1 ui, opgekap
1 groenrissie, in blokkies gesny
1 pakkie wit uiesop
3 eiers
1 koppie melk
1 koppie kaas, gerasper
Kook die spaghetti gaar.
Klits die eiers, melk en soppoeier saam.
Meng alles goed deurmekaar.
Spuit ‘n oondbak met kleefweerder en skep die mengsel daarin.
Strooi die garasperde kaas bo-oor.
Bak in voorverhitte oond teen 180°C vir 1 uur.
Resep: Tienie Botes
