SOUT RIBBETJIE
Die Lekerste om ‘n ribbetjie te braai.
2 skaap ribbetjies
Vryf in met 2 eetlepels bruinsuiker en 2 hande growwe sout. Laat dit nou 2 dae lank in yskas.
Bedek met water in ‘n kastrol en kook stadig tot sag ongeveer 2 ure
Haal uit water laat afdroog en braai oor warm kole.
Elize Grobbelaar

