SOUS BEREMENGSEL

SOUS BEREMENGSEL
Ek maak my eie mengsel wat ek saam met amper alles maak:
1 pak Bisto
1 pak Maizena
2 pakkies bruinuie soppoeier
5 of 6 ander verskillende soppoeiers

Meng alles deeglik saam.
Bêre in lugdigte houer en gebruik soos nodig.
Jy meng jou souspoeier met water net soos jy die bisto sou gebruik.
Ek kom maande met so mengsel uit. Meng dit selfs in die maalvleis balletjies. Jy kan natuurlik meer soppoeier ook gebruik.
Resep:  Donna Van der Walt
Lorett Brittnell  – Ek gebruik koekmeel in die Maizena se plek. As jou sousmengsel bietjie staan word dit waterig maar nie as jy dit vervang met koekmeel.