

SOET-SUURFRIKKADELLE IN DIE PRUTPOT
500 g gemaalde beesvleis
250 ml vars witbroodkrummels
1 eier
sout en peper
2 eetlepel kookolie
1 klein ui gekap
2 wortels geskil en in repe gesny
1 prei gewas en in fyn skywe gesny
100 g sampioene gesnipper
SOET-SUUR SOUS
1 ½ teelepel mielieblom
2 teelepels bruinsuiker
150 ml water
2 eetlepels tamatiesous
2 eetlepels asyn
2 teelepels sojasous
sout en peper
Plaas die vleis, broodkrummels, eier en smaakmiddels in ‘n bak en meng goed. Plaas op ‘n meelbestrooide oppervlakte en maak twintig frikkadelle. Verhit die olie in ‘n braaipan en braai die frikkadelle aan albei kante bruin. Lig met ‘n gleuflepel uit en plaas in die prutpot. Plaas die groente in die pan en laat vir 5min prut en plaas dit ook in die prutpot. Plaas die mielieblom, suiker en water in ‘n bak en meng totdat dit ‘n gladde pasta vorm. Voeg die oorblywende sousbestandele in die bak en giet dit in die pan. Bring tot kookpunt. Roer totdat dit dik word. Giet dit in die prutpot, sit die deksel op en kook vir 30 min op HOOG, en dan vir 4 ure op LAAG. Bedien op rys met ‘n vars slaai.
Diane Roode Hancox – foto en nota
Ek het Frikkadelle in die Slow Cooker gemaak. Was heerlik gewees!
Maak Frikkadelle soos gewoonlik aanmaak, toe meng ek pakkie
” Cream of Tomatoe” soppoeier met water, giet oor en kook op high vir 2 tot 3 ure.