SNOEKTERT MET N KERRIE-GEURTJIE

snoektert van louisetested

SNOEKTERT MET N KERRIE-GEURTJIE
BRON- Louise Groenewald (eie resep)
FOOD LOVERS RECIPES
± 1 kg gevlokte gaar snoek
1 groot ui, gekap
bietjie olie
5 ml vars knoffel
5 – 10 ml matige kerriepoeier of 5 ml kerriepasta
5 ml borrie
4 eiers, geklits
½ koppie volroom melk
1 eetlepel mayonnaise
5 ml suurlemoensap
1 koppie Cheddarkaas, hoogvol, gerasper
gemengde droë kruie om bo-oor te sprinkel

Braai die gekapte ui en knoffel oor stadige hitte tot gaar. Voeg die kerrie en borrie by en roerbraai vinnig vir ‘n minuut. Meng al die bestanddele, behalwe die snoek en kaas.

Plaas die gevlokte snoek in ‘n oondvaste bak. Proe of dit nodig is om sout by snoek te voeg. Gooi die mengsel bo-oor. Sprinkel die kaas en gemengde kruie bo-oor. Bak ± 30 – 35 minute op 180ºC. Toets of gaar en stewig. Bedien met ‘n mengelslaai en lekker tuisgemaakte bruinbrood.