RONEL SE STAATMAKER SJOKOLADEKOEK


RONEL SE STAATMAKER SJOKOLADEKOEK
Sjokolade koek wat ek toe gebak gekry het.
1½ koppie water
4 eetlepels kakao
½ koppie kookolie
Kook bogenoemde saam en laat afkoel.
Klits 4 eiers en 1½ koppies suiker baie goed.
Voeg die volgende by eiermengsel:
2 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
Meng alles saam en laaste ‘n knippie sout.
Bak by 180ºC omtrent ½ uur of toets met toets pennetjie
en daars hy !! Ek het ‘n ring koekpan gebruik.
Foto: Roneel J V Vuuren Lambrechts