ROMERIGE HOENDERLEWERS MET PENNE

hoenderlewer met pennetested   hoenderlewers met macaroni

ROMERIGE HOENDERLEWERS MET PENNE
Sien nota aan die einde ivm die pasta asb.
500 g penne of macaroni
500 g hoenderlewers, skoongemaak
1 ui, fyn gekap
250 g knopie sampioene, in skywe gesny
1 blik (430 g) hoender-roomsop
125 ml (½ koppie) cheddarkaas, gerasper

Kook die pasta in genoeg vinnig kokende water tot sag, maar ferm. Dreineer en hou eenkant.
Braai die hoenderlewers in ‘n bietjie olie tot net gaar en goudbruin buite-om.
Verwyder uit die pan en sny in kleiner stukkies, Sorteer die ui tot sag en deurskynend. Braai die sampioene tot bruin.
Voeg die die hoenderlewers weer by asook die hoender-roomsop en gerasperde kaas.
Meng goed en verhit tot warm. Giet die hoenderlewermengsel oor die pasta en meng deur.
Genoeg vir 5 – 6 mense.

Foto’s: Adam Cloete en Tanya Prinsloo

Nota:
Net enkele dinge daaroor.
Dit het baie lekker gesmaak, maar ek het bietjie paprika en gedroogde oreganum by die lewer gesit toe ek dit gebraai het.
Dit lyk bietjie vaal en daarom sal ek miskien in die toekoms bietjie tamatiepuree inmeng en selfs soetrissies saam met die uie braai, vir bietjie kleur.
500 g penne vir 500 g hoenderlewers is hopeloos te veel. Ek het my grootste bak gebruik en dit is maar ¾ van die penne. Ek sal maar ‘n slaai moet maak van die res van die gaar pasta.