ROMERIGE GESTOLDE WORTELSLAAI

tested
ROMERIGE GESTOLDE WORTELSLAAI
1 blik ingedampte melk, oornag in yskas geplaas
1 pakkie pynappeljellie
3 teelepels gelatien, opgelos in klein bietjie kookwater
1 blik fyn pynappel met sap
1 klein blikkie granadilla pulp
2 wortels, fyn gerasper

Los die jellie op volgens die aanwysings op die pakkie.
Voeg die gelatien, pynappel met sous en granadilla by die jellie en meng deur.
Plaas die mengsel in die yskas om effe koud te word, dit moenie stol nie, dit moet nog effens loperig wees, maar darem al begin dik word.
Klits die ingedampte melk tot ‘n dikkerige skuim en voeg die loperige jelliemengsel met die gerasperde wortel by die ingedampte melk.
Meng liggies deur, giet die mengsel in ‘n mooi bak en plaas in yskas om te stol.
Resep: Susan Katryn JV Rensburg