PLAATKOEKIES (grootmaat)


PLAATKOEKIES (grootmaat)
Resep vir 240 porsies van 70 g per porsie:
56 eiers
7 kg koekmeel
450 g bakpoeier
80 g sout
700 g suiker
8.5 liter water
800 ml kookolie
Sif al die droë bestanddele saam, en klits die nat bestanddele saam en meng dan die twee met mekaar. Net soos pannekoek deeg altyd beter as dit ‘n rukkie gestaan het.
Bak maar tot die deeg klaar is dan sal jy weet hoeveel keer om die deeg weer aan te maak.
Resep: Regina Badenhorst