PIZZA IN DIE HALOGEN OONDJIE

pizza in oondjie
PIZZA IN DIE HALOGEN OONDJIE
Ek koop my klaargemaakte basisse by P&Pay. Die gewone “thin base”. Dan laat ek dit so vir n 10 minute bak netso. Dan haal ek uit en sit tamatiebasis op en weer terug oond toe vir nog so 5 minute. Dan haal ek dit uit en ‘dress’ dit met enigiets. Weer terug oond toe vir so 5 minute. Haal uit en sit kaas bo-op en laat dit net lekker smelt vir so 3 minute.
Nota: Begin op 150°C vir die opwarm en dan op na 220°C vir die bak.
Resep en foto: Eastwood Loftus Nel