PASTA OMELET


PASTA OMELET
2 x 75 g-pakkies twee minuut-noedels
50 ml botter
3 groot eiers, geklits
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
30 ml fyngekapte vars pietersielie of koljander
30 ml kookolie
50 g Tusserskaas, gerasper
125 ml gebakte wors of spek
gegeurde tamatie-en-uiesmoor om voor te sit.
Maak die noedels gaar volgens aanwysing op verpakking. Meng met botter.
Voeg geklitste eiers saam met die sout, swartpeper en pietersielie by noedels.
Braai soos ‘n pannekoek in verhitte olie in ‘n groot braaipan. Draai om.
Strooi kaas oor. Braai tot gaar. Skep op ‘n bord, verdeel in 4 en sit voor met gebakte wors of spek en gegeurde tamatie-en-uiesmoor.
Lewer 4 porsies.
Wenke enige oorskietpasta kan op hierdie manier gebruik word. Enige oorskietvleis kan grofgekap en bygevoeg word. Om die pasta-omelet maklik om te draai, glip uit op ‘n opdienbord en glip weer terug in die braaipan.
Verandering:
Ek sal minder botter en olie gebruik, jy moet groot bord vat om die pizza om te keer, die pizza is baie swaar, so plaas bord bo-op pizza in pan, dop om en laat gly pizza terug in pan, bak onderkant gaar. Ek het kaasworsies, uie, groen soetrissie gebruik.
Resep ne foto: Sharon Viljoen