OUTYDSE BLANC-MANGE
Meng die mielieblom, suiker en sout en maak dit aan met ‘n bietjie melk.
Voeg die eier en vanilla by en klits tot mengsel gemeng is.
Verhit die res van die melk tot kookpunt en roer die mielieblommengsel vinnig by.
Roerkook tot ‘n dik pap. Spoel ‘n vorm uit met water en giet die pap daarin om te stol. Verkil. (geen klonte nie)
Glasering:
7 ml mielieblom
30 ml water
60 ml appelkooskonfyt
1 teelepel botter
Maak die mielieblom met water aan, voeg die appelkooskonfyt en botter by en roerkook tot die mengsel dik is.
Laat afkoel!! Ontvorm jou poeding en skep jou sousie bo-oor – vreeslik lekker!
N.S: Jy kan enige lekker vrugtestroop bo-oor gooi.
Rina Kleinhans – ek het ‘n strawberry stropie gekook en met vars strawberries versier.

