ONGEKOOKTE EIERVRUGBLATJANG

eggplant chutneytested
ONGEKOOKTE EIERVRUGBLATJANG
1 eiervrug van nagenoeg 500g
1 middelslag ui
3 knoffelhuisies
1 groen brandrissie
30ml olyfolie
125ml fyngekapte pietersielie
50ml suurlemoensap
2ml sout
Knippie rissiepeper
METODE:
Prik die eiervrug met ‘n toetspen. Plaas dit op ‘n bakplaat en rooster dit nagenoeg 45min lank 10cm onderkant ‘n warm rooster element in die oond totdat die skil verkool is, draai die eiervrug dikwels om. Laat dit afkoel. Skep die vleis uit en gooi die skil weg. Skil die ui en knoffel en kap dit op. Ontpit die brandrissie, soteer die ui, knoffel en rissie in die olyfolie totdat die ui sag is en roer die mengsel gereeld. Verpulp die uiemengsel en eiervrug saam met die pietesielie en suurlemoensap in ‘n voedelverwerker. Roer die sout en rissiepeper by. Skep die blatjang in ‘n ditge houer en bewaar dit in die koelkas.