MIKROGOLF SOKOLADE POEDING

mikrogolf sjokolade poedingtested

MIKROGOLF SOKOLADE POEDING
Genoeg vir 4 mense
60 ml (¼ koppie) koekmeel
60 ml (¼ koppie) suiker
30 ml (2 eetlepels) kakao
2 ml (½ teelepel) bakpoeier
1 eier
45 ml (3 eetlepels) olie
5 ml (1 teelepel) vanieljegeursel
45 ml (3 eetlepels) melk

Meng al die droë bestanddele.
Voeg die eier by en meng goed.
Giet die olie, geursel en melk by en meng goed.
Skep in 4 koppies en mikrogolf 30-40 sekondes tot gaar, maar effens loperig.
Sit voor saam met roomys of vla.
WENKE
Sprinkel gekapte neute oor die deeg voor jy die koppies in die mikrogolf sit. Of voeg 5 ml (1 t) koffie by die kakao vir ’n mokkageur.

Foto:  Marie Rheeder Troskie