MARYKE SE SLOW COOKER POT ROAST



MARYKE SE SLOW COOKER POT ROAST
Ek het gister die geheim geleer. Braai so twee of drie uie.
Haal uit en plaas eenkant (Verskoon my Eng. en Afr so deurmekaar.) Rol jou vleis in meel en speserye van jou keuse en braai in dieselfde pot in klein bietjie olie. Sny wortels en plaas onder in jou slow cooker.
Plaas nou die gebraaide stuk Bees vleis bo op die rou wortels.
Gooi water in die pot wat jy gebruik het, So n koppie vol, nie meer nie ander is die liquid te veel.
Kook vir so 1 minute, en gooi bo oor die vleisie.
Strooi nou die gebraaide uie bo op en sit die deksels op.
Ek het dit op hoog gehad vir twee ure en toe af gedraai na slow vir 10 ure. Ek sal beef nooit weer anders gaar maak nie………
RESEP EN POT FOTO: Maryke Nel McCaig
2de Foto: Kotie Van Heerden – Dit was “uit die boonste gestoeltes”!!!!!