KORTRIB IN DIE OOND (shortrib)
KORTRIB IN DIE OOND (shortrib)
Ongeveer 1.5kg vleis. Afgevee en in kleiner stukke gesny. Gooi omtrent koppie water om bodem te bedek. Plaas vleis in pan. Sny een groot ui bo-oor sprinkel met peper en worcester spice of uit die bottel. halfpad deur kan jy besluit om sout aan te pas na smaak. Sprinkel n pakkie bruinuie sop droog oor en n blik tamatie uie smoor ( die een met die greenpeppers in) oor. Kan ook chakalaka gebruik
Maak toe met dik foelie en sit in oond by 200 gr vir 20 min en stel laer na 180grade tot gaar. Wanneer gaar en jy verlang bruiner vleis grill liggies. Bedien met varsgebakte brood of op mash of soos verkies…. Geniet
Daleen Terblanche

