HOENDER LASAGNE

hoender lasagnetested

HOENDER LASAGNE
Resep en foto:  Trix Arp Smit
FOOD LOVERS RECIPES
Was lus om iets anders te probeer, en daar was seker al baie resepte hiervoor, maar hier is myne. Ek besef na die tyd dit sou dalk beter wees om die hoender te kook en dan te vlok, maar volgende keer!

spek, gekap
hoenderborsies, in repies gesny
uie, gekap
groen/rooi peper, gekap
gekapte sampioene
spinasie
lasagne blaaie
witsous
gerasperde kaas

Braai alles afsonderlik, gooi dan bymekaar met sout en peper na smaak, ek het so ‘n skoot chilliesous ook ingeroer.
Maak witsous, pak nou jou lae, eers hoendermengsel, dan lasagne blaaie, witsous, gerasperde kaas en herhaal, eindig met witsous en gerasperde kaas. Bak by 180°C tot goudbruin bo-op, so ± ¾ uur. Laat staan verkieslik ten minste ‘n uur.
Baie lekker en glad nie vetterig nie!