HAM EN EIER BAKKIES

Tina se ontbyttested
HAM EN EIER BAKKIES
Ek het vanoggend dungesnyde ham, (kon ook spek gebruik het), gevat en diep, Muffin panne, wat met kleefwerende middel gespuit is se kante en onderkant daarmee bedek.
Daarna het ek bietjie gerasperde kaas onderin gesit, fyngekapte uie bo-op dit, geklitste eier met rooipeper, varsgemaalde swartpeper en lekker baie witpeper, in.
Ek het dit oor dit alles in die diep panne gegooi, en weer kaas bo-op.
Toe bak ek dit sowat 15-20 min, tot geset, teen 180 ÂșC. Die ham was bo effens krakerig, maar dit was baie lekker.
Ek het gister dieselfde gemaak, en ‘n heel eier ingegooi en die kaas oor en gebak.
Albei is baie lekker.
(ns. jammer ek is mos tegnologies gestremd!) Dis Wheat en Gluten Vry!

Resep en foto:Tina Botha