GLIPPERTJIE SAP ( KATAWBA)
Spoel ryp katawbadruiwe af en plaas hulle saam met die stingeltjies in ‘n kastrol.
Bedek hulle net-net met water.
Kook tot die druiwe uitmekaar val.
Dreineer deur ‘n sif en daarna deur ’n kaasdoek.
MAAK VAN SAP:
Voeg 2 koppies katawbasap by 1 koppie suiker.
Roer tot die suiker opgelos is.
Bêre in bottels of vries dit in klein porsies.
Kan dan as koeldrank met yswater verdun word.
bron wat eet ons vanaand – Marie Rheeder Troskie
