GIDEON SE SKAAP POTJIE

gideon se potjietested

GIDEON SE SKAAP POTJIE

Ek’t my skaap vleis vooraf gebraai saam met twee groot uie met ‘n bietjie olyf olie op skerp kole in ‘n warm pot, toe sny ek drie groterige aartappels in kwarte saam met twee groot wortels daarby , toe gooi ek so ± ‘n koppie oorskiet soda water daarby , kook dit dan stadig met min kole, dit moet stadig prut vir omtrent ‘n uur en ‘n half.
Hou dop dat dit nie te min water het nie, dan ‘n driekwart uur voor ete gooi ek een pakkie bruin sampioene wat in vier repe gesny word in. Dan ‘n rukkie later word ‘n bietjie (2e) bruin uie sop asook sampioen room sop asook ox tail sop saam met bietjie water en een eetlepel suiker gemeng tot ‘n pasta of afhangende van hoeveel sous reeds innie pot is, bygevoeg. Ek roer nooit sommer ‘n pot nie. Voeg sout en peper na smaak by, ek is nie skaam vir peper nie en nie te veel sout nie!

Gideon Louw