GESTOPTE MURGPAMPOEN

1517810_629923263740408_1327101708_n

GESTOPDE MURGPAMPOEN

1 groot murgpampoen
50 g botter
1 groot fyngekapte ui
2 fyngemaakte knoffelhuisies
500 g worsvleis
3 eetlepels tamatiepasta
1 teelepel oreganum
2 teelepels basilkruid
sout en peper
gerasperde Cheddarkaas

Sny die ente van die murgpampoen af en skil dit met ‘n skerp mes. Skep die saad uit sodat die hele pampoen uitgehol is. Smelt helfte van die botter in ‘n kastrol en braai die uie en helfte van die knoffel vinnig vir 5-7 minute tot die uie sag en deurskynend is. Voeg die worsvleis, tamatiepasta, oreganum, basil, sout en peper (na smaak) by en braai steeds oor hoë hitte vir 10 minute terwyl nou en dan geroer word. Verwyder die kastrol van die hitte en roer 50 g kaas by. Skep die mengsel in die uitgeholde pampoen sodat dit styf vasgepak is. Smeer die buitekant van die pampoen met botter asook een kant van ‘n vel aluminium foelie. Draai die pampoen in die foelie toe en bak op ‘n bakplaat in die oond by 180ºC vir 45 minute of tot die pampoen sag is en die vulsel gaar is. Sny in ringe en strooi bietjie kaas bo-op elke ring. Plaas onder die warm rooster tot die kaas gesmelt het. Bedien warm.

Resep: Adam Cloete