GEORGINA SE HOENDERGEREG
GEORGINA SE HOENDERGEREG
1 hoender
2 blokkies hoenderekstrak, en hoender speserye
250 ml skulpie noedels
100 ml mayonaise
150 g hoender skyfies fyn gebreek, omtrent 2 pakke
600 ml witsous
50 ml gekapte pietersielie
2 eiers geklits
sampioene, spek
Kook hoender sag en ontbeen, sny vleis in stukkies.
Kook noedels sag en dreineer.
Maak witsous en klits eiers vinnig in warm witsous in.
Meng hoender, noedels, sampioene, spek, mayonnaise en die helfte van die witsous en skyfies en pietersielie saam.
Skep in ‘ gesmeerde oondskottel.
Los die ekstak op in ‘n koppie kookwater en giet oor mengsel in oondskottel.
Skep die res van die witsous oor.
Sprinkel res van aartappelskyfies oor.
Bak by 190ÂșC vir plus minus 25 minute. Ek hoop julle hou daarvan, dis baie lekker
Resep: Georgina Van Rensburg
Foto: Adam Cloete

