GEMMERPOEDING OP DIE STOOF
Gooi stroop bestanddele in pot en kry dit aan die kook. Smelt die margarien en voeg konfyt by en meng koeksoda in. Haal van hitte af en voeg meel en asyn by en meng lekker met mekaar tot deeg vorm. Skep lepels vol van die mengsel in die stroop wat nou al begin kook het. Verlaag temperatuur van plaat en sit deksel op die pot en laat dit 10 min lank prut. Na die 10 min sit jy die plaat af en los dit nog so bietjie wat jou tyd gee om vla te maak en dan kan jy maar opskep.
BRON- Naudèa Visser
Foto: Theresa Jansen Van Rensburg en Edie Janse van Rensburg
Naudéa Visser P.S mens smelt die margarien en konfyt in ander pot op die stoof nie binne in die sous pot wat al aan die kook moet raak terwyl jy die deeg aanmaak nie.
Naudéa Visser Sommer nog ‘n P.S en gebruik asb net groot pot,nie die kleinste een wat julle het nie want die kluitjies swel baie uit en alles gaan oorkook en jiggie wees en die kluitjies rou as daar nie genoeg plek is vir dit om te rys in die pot nie.


