EIERVRUGGEREG
1 groot eiervrug in blokkies gesny, moet nie skil nie.
1 ui gekap
1 knoffelvingertjie gekap
2 snye witbrood in 250 ml melk geweek
3 ml mosterd poeier
sout en peper
100 g chedderkaas gerasper
250 g spek in blokkies
3 eiers, kruie van jou keuse
Braai uie en spek, voeg knoffel en eiervrug by en braai tot glaserig. Klits eiers en voeg al die ander bestanddele by. Meng goed. Plaas in gesmeerde vuurvaste bak, sprinkel nog kaas oor en bak in oond 180ºC vir 30 tot 40 min. Kan skyfies tamaties bo-op sit voor jy dit bak. Sprinkel bietjie paprika bo-oor

Resep en foto: Martie Fourie Moolman