CREPE SPIRA

crepe spira
CREPE SPIRA
Crêpe-beslag (maak 10- 15 groot crêpes)
175 ml (100 g) koekmeelblom
1 teelepel (5 ml) sout
3 eiers
1 eiergeel
175 ml melk
75 ml water
1 eetlepel (15 ml) olie
Vulsel
1 houer roomkaas (±200 g)
3 sprietuie, versnipper
sout en gemaalde swartpeper

Crêpe spirale
Crêpes
roomkaasvulsel
ham / gaar spek / vars salm

Crêpe-beslag
Sif die meel en sout saam.
Meng die eiers, eiergeel, melk en water goed saam.
Voeg die droë bestanddele by en meng goed.
Wanneer die beslag glad is, voeg die olie by.
Bedek en laat in die yskas rus vir 30 minute.
Verhit ‘n braaipan tot matige hitte en smeer met ‘n lagie olie.
Voeg net genoeg beslag by om ‘n baie dun crêpe te maak.
Verwyder uit die braaipan en laat afkoel.

Vulsel
Meng die roomkaas en sprietuie en geur goed met sout en swartpeper.

Crêpe-spirale
Smeer die crêpes met die roomkaasmengsel en pak ‘n lagie van die ham, spek of salm daarop.
Rol die crêpe met die vulsel styf op om ‘n spiraal te vorm.
Sny in die helfte deur en bedien met vars roketblare.