BRAAIBROODJIE IDEES

 tested

BRAAIBROODJIE IDEES
Gerasperde cheddar gemeng met goeie kwaliteit mayonnaise, fyn gekapte agurkies(sweet and sour).
Uie, tamatie, sout en vars swart peper. Smeer brood met botter.
Smeer nou die kaas en mayonnaise so 3mm dik op die brood en sit res van die bestanddele na smaak op jou brood.
Sprinkel koue water liggies op die brood kant wat eerste braai tot effens klam en braai oor stadige kole.
Herhaal met die ander kant. Die water laat die brood stoom voor dit rooster en sorg so dat die kaas egalig smelt

Knoffel en Kaasbroodjie
Gewone braai broodjie, maar inplaas van die ou tamatie, kaas en uie, smeer jy jou brood met knoffelbotter en gerasperde kaas. Dan braai jy hom maar gewoon weg op die kole. Niks spesiaal nie, maar bly vrek lekker.

Resep: Franco Dippenaar